Naweek Nadink 100: Pen en papier kan trane voorkom

Ek is weer onlangs herinner hoe gevaarlik dit is om selfs nie ‘n informele ooreenkoms op skrif te sit nie. Ek verwys nie na ‘n kontrak waar jy regshulp benodig nie. Ek praat juis van ‘n tipiese “gentlemen’s agreement” of ‘n goeie ou handdruk.

Ek glo die meeste mense is eerbaar en probeer altyd die regte ding doen. Die probleem kom egter in wanneer mense aan “geheue verlies” begin lei of dit wat ek sê en jy dink jy gehoor het, nie dieselfde is as wat jy sê en ek dink ek gehoor het nie.

‘n “Gentlemen’s agreement” op papier beskerm verhoudinge en die onderneming.

Het jy dalk ‘n ooreenkoms wat ‘n bietjie pen en papier kort?

 

ONTHOU!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link