Naweek Nadink 101: So naby, jy mis dit dalk net

‘n Week gelede gaan maak ons toe ‘n draai by President Kruger Kinderhuis in Reddersburg. Reddersburg is ‘n knipoog dorpie (as jy jou oë knip, ry jy verby) so 45 minute suid van Bloemfontein.

As sakeman en as gesin gaan ons meer betrokke raak. Hoekom? Want ons hou nie daarvan dat onskuldige kinders ‘n duur prys moet betaal vir hulle ouers of die wêreld se gebrokenheid nie.

Wat vir my baie opvallend is, is dat baie van die Kinderhuis se ondersteuning nie van die onmiddellike omgewing afkomstig is nie…. Ons, van Centurion, was net nog n voorbeeld.

Wat is my punt?

Die meeste geleenthede, belangrikste verhoudinge en grootste behoeftes is gewoonlik reg onder jou neus. Moet dit nie miskyk nie.

 

ONTHOU!

  • Kry my eBoek 52 PLUS digiTydskrif GRATIS!Klik Hier
  • Lees my onderhoud met com: Lees Hier
  • Luister na my onderhoud met Louis Albertyn en Abie Kohn: Luister hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link