Naweek Nadink 21: Hoe Moeiliker Hoe Makliker

Naweek-Nadink-20

Verlede week kyk ek toe bietjie na die 2015 GEM Verslag. Die sewentiende Global Entrepreneurship Monitor (GEM) opname meet basies die karaktereinskappe, motiverings en ambisies van entrepreneurs en ook die houding van ‘n betrokke land en sy mense teenoor hierdie entrepreneuriese aktiwiteite.

Wat vir my uitgestaan het is wat Suid Afrikaners as die grootste struikelblokke beskou ten einde ‘n besigheid te begin. Ek wil op twee fokus:

  1. Meer as 40% voel dat besigheidsopleiding ‘n struikelblok is. Ek stem saam en dis presies waarom ek Klipkouers begin het. Praktiese en beproefde besigheidsraad ontbreek, maar teoretiese gemors is volop op universiteit en selfs op MBA-vlak.
  2. Meer as 60% voel mnr. Zuma en sy trawante is die grootste struikelblok. Hiervan verskil ek heeltemaal. Hoe meer die regering aanjaag, hoe meer geleenthede word daar geskep. Dink maar net Eskom as die beste voorbeeld. Daar is ‘n groot behoefte aan sonkragprodukte en -dienste en die industrie groei vinnig.
  3. Op die ou einde kry die besigheid wat die werk kan doen nogsteeds die werk – of dit nou direk is of uitgekontrakteur word, wat buitendien meer en meer die geval gaan wees. So, wees gereed.

Besigheid sal nooit so maklik soos brood en botter wees nie, maar onmoontlik is mos maklik vir ‘n Klipkouer soos jy…

Lekker week verder en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link