Naweek Nadink 48: Stel jy ‘n voorbeeld?

NN48

Ek’s amptelik terug in die hok na ons ski-vakansie in Oostenryk verlede week. Dit was werklik ‘n heerlike en geseënde week veral omdat ons kinders, Christian (9) en Alivia (7) vir die eerste keer op regte ski-hellings geski het. Terloops, die kleintjies hou mens nederig… veral die 4-jarige wat ook van my helling af geski het. Anyway…!

Ek is egter nie ‘n aanhanger van sekere Oostenrykse doen en lates nie. Byvoorbeeld:

  • Die meeste van die privaathotelle (pensions) en restaurante aanvaar slegs kontant.
  • Lakse rookwette. Swak of geen rookskeidings in restaurante nie.
  • Hulle sauna naak. Ek’t my broek aangehou en die saunatemperatuur met 20 grade laat styg deur gereeld water op die klippe te gooi. Die kaalgatte kon die hitte nie hanteer nie en moes vlug vir lug. Oogseer verby!
  • Hulle verstaan nie die konsep van toustaan op die ski-hellings nie en van oud tot jonk druk van alle kante af in.

Ek’t veral oor hulle swak “toustaanmaniere” nagedink en weereens besef:

1. Hulle druk al van kleintyd af in. Dis normaal en niks persoonliks nie.

2. Hulle leer en sien eerstehands by hulle ouers en medeburgers.

3. Omdat almal dit doen, maak dit dit nie oukei of reg nie.

4. Jou aksies praat die hardste… los mooi woordjies vir tannie Sannie-hulle.

5. Mense sien dwarsdeur praters en prekers. Beter om eers te doen en dan te praat. Stel eerder ‘n voorbeeld!

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Willie Hamman.

NB! Indien jy verlede week se onderhoud met Willie Hamman van Star Pops gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

 

 

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link