Naweek Nadink 49: Dink jy môre is nog ‘n dag?

NN49

Ek begin hierdie week met gemengde gevoelens. Aan die een kant het die roudiens van André en Rachel Brink my geruk en aan die ander kant loods ons die week TalentWerf. So wat het die twee met mekaar te doen?

Ek stap vir bietjie meer as drie jaar ‘n pad saam met dr. Danie Brink, hoof van Solidariteit se Helpende Hand. Die toekoms en opvoeding van kinders is vir my baie belangrik en, net so belangrik, werkskepping in Suid-Afrika.

Verlede jaar het ek drie maande lank saam met Danie en sy span gewerk om ‘n nuwe en enig in sy soort werkskeppingsplatform, TalentWerf, in die lewe te roep. ‘n Projek wat baie na aan my en Danie se harte lê. Die idee is om vryskutwerkers en diensverskaffers die geleentheid te bied om met mekaar op ‘n veilige en maklike manier besigheid, sonder geografiese grense, te doen. 

My gesin was vir twee maande uit die drie maande in SA en ons het gedurende dié avontuur meer tyd met die Brink-gesin deurgebring en die voorreg gehad om hulle beter te leer ken. ‘n Spesiale herinnering was toe my seun, Christian, sy arm gebreek het toe hy uit die Brink-familie se boomswaai geval het. Gelukkig was Christian se ondervinding en gipskry meer ‘n trotse oomblik vs. ‘n pynlike te danke aan, onder meer, Lise se liefdevolle, warm persoonlikheid.

My gedagtes:

1. Môre is nie ‘n gegewe nie.

2. Leef in die oomblik. Dis waar jy ware geluk en vrede sal vind.

3. Môre is NIE ‘n gegewe NIE.

Ek het twee versoeke asseblief:

1. Ondersteun of maak vriende bewus van die André en Rachel Brink-fonds.

2. Ondersteun of maak vriende bewus van TalentWerf. Tot dusver het meer as 200 vryskutwerkers reeds geregistreer, en die volgende stap is om die Escrow-stelsel hierdie week te aktiveer en dan aktief die diens aan besighede te bemark.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se onderhoud met Hardus Blignaut gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link