Naweek Nadink 50: Weet jy wat op pad is?

NN50

Verlede week het ek jou vertel van Helpende Hand se nuwe en enig-in-sy-soort werkskeppingsplatform, TalentWerf, wat ek help bou het. Ons plan is om vryskutwerkers/diensverskaffers op ‘n veilige en maklike manier met ander besighede te verbind sodat hulle besigheid met mekaar kan doen, sonder geografiese grense. Ons het nog ‘n paar nitty gritty-goed wat uitstaande is, maar dis mos makliker om ‘n bewegende kar se stuurwiel te draai!

Suid-Afrika is ongeveer 5 jaar agter die Verenigde Koninkryk met E-commerce. Die hoofredes hiervoor sluit onder meer in:

1. Duur en stadige internet.

2. Min plekke byvoorbeeld restaurante wat gratis en onbeperkte wi-fi aanbied. Ek dink byvoorbeeld eerste aan Mugg & Bean met hulle 30 minute gratis wi-fi. Ons het gratis wi-fi op die Tubes!

3. Verbruikerswantroue van aanlyntransaksies of -aankope as gevolg van bedrog.

4. Duur data op selfone.

5. Duur en beperkte afleweringsdienste.

My gedagtes:

 1. Dis nie OF E-commerce gaan groei en verbeter nie, dis WANNEER. Dis een van die redes waarom Klipkouers ‘n digitale besigheid en diens lewer.

2. Omdat Suid-Afrika ‘n paar jaar agter is, kan jy sien wat kom. Maak ‘n punt daarvan om die geskiedenis en ontwikkeling van E-commerce te verstaan.

3. As jy selfs wil sien wat binne die volgende paar jaar in Europa gaan gebeur, hou Asië gerus dop. Lande soos Japan is op hulle beurt weer ‘n paar jaar voor Europa.

4. Omdat jy kan sien wat gaan kom, kan jy makliker geleenthede identifiseer. Wees wakker.

5. ‘n E-commerce-besigheid bied ‘n geleentheid om besigheid op internasionale vlak te doen, so maak seker jou produk of diens is wêreldklas en “scalable”.

6. ‘n Aanlynbesigheid is bestand teen die onsekerhede wat ‘n deurmekaar, integriteitlose regering bring, asook ‘n geleentheid om geld in Britse Pond, Euro of Dollar te verdien.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se onderhoud met Jackie Strydom van Liefie gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link