Naweek Nadink 51: Wie verstaan en help jou met jou uitdagings?

NN51

Verlede week spring ons toe weg met die eerste Klipkouers Klankbord-sessie. Tans fasiliteer ek ‘n groep entrepreneurs waar hulle hul probleme, uitdagings en geleenthede met mekaar in ‘n konfidensiële opset deel. Hier in Engels-land noem ons dit: The Board You Can’t Afford omdat jy waardevolle en eerlike terugvoering van mede-entrepreneurs ontvang wat jy andersins nie sal kan koop of bekostig nie.

Ek vind dat die beste leermeester ander se besigheidsuitdagings en -foute is. Vir meer inligting oor die Klipkouers Klankbord, kliek asseblief hier: Klipkouers Klankbord.

Verder is Februarie die maand waar ons Binnekring van stapel gaan stuur. Anders genoem my Klipkouers Kampioene-klub.

Binnekring is slegs vir diegene wat persoonlike ontwikkeling as ‘n integrale deel van besigheidsukses verstaan. As lid van my binnekring kry jy eksklusiewe toegang tot my, verskeie bedryfskenners en eksklusiewe hulpbronne.

Meer as 100 mense het tot dusver belangstelling getoon in Binnekring en daar is reeds ‘n paar persone wat geregistreer het vir die GROOT dag, 27 Februarie 2017. Ten einde eksklusiwiteit en waarde verder te verhoog en verseker, het ek besluit om die lidmaatskap tot slegs 30 persone te beperk en gevolglik die prys te verhoog.

Dit stel my in staat om meer van myself en my tyd aan Binnekring te bestee ten einde nog méér waarde toe te voeg tot die Kampioene-klub.  Diegene wat reeds geregistreer het sal die oorspronklike prys betaal.

Hierdie boot seil oor minder as drie weke en nooit weer nie. Hoop ek sien jou op hom.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se onderhoud met Denise Hattingh van KEU Underwriting Managers gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link