Naweek Nadink 52: Netwerk gaan nie net oor verkope nie

Verlede week was werklik ‘n opwindende week in alle opsigte…beide goed en sleg.

‘n Paar gebeurtenisse wat uitstaan (die slegtes se gat):

1. ‘n Suksesvolle afspraak en besprekings met ‘n nuwe operasionele vennoot vir my skoonmaak besigheid, VanBroc, wat ons ‘n betroubare, nasionale “reach” sal gee. (Hierdie is my primêre gedagte vandag)

2. Die loods van Klipkouer Prontuit Sessie (KPS) in oudio en video formaat, waar ek en mede-entrepreneur, Tiaan de Jager, dieper delf in die vorige week se onderhoud ten einde addisionele besigheidsidees te ontgin.

3. Die loods van “The board you can’t afford” genaamd: Klipkouers Klankbord

4. Die loods van my eksklusiewe Klipkouers Kampioen Klub genaamd: Binnekring

Baie mense het ‘n wanpersepsie van die definisie, “networking”. Inteendeel, baie outjies (hier ook) daag op met geen persoonlik, maar baie besigheidskaartjies wat hulle begin strooi soos confetti op ‘n troue.

Kom ek verduidelik:

In Desember gaan eet ek en goeie entrepreneursvriend en mede-Suid-Afrikaner, Nick Winstone, ‘n lekker middagete. Ons het mekaar amper ‘n jaar laas gesien, behalwe vir ‘n paar telefoongesprekke. Die middagete het ons ‘n geleentheid gegee om in diepte oor al die verwikkelinge in ons persoonlik- en besigheidslewe te gesels. Drie weke gelede kom ‘n epos deur waar Nick my voorstel aan nog ‘n Suid-Afrikaner, Jean-Henri, wat nou ons nuwe operasionele vennoot is waarna ek vroeër verwys het.

Wat probeer ek sê:

1. Aangesien ek pro-aktief en doelbewus met Nick opgevang het, kon ek my operasionele behoeftes in detail met hom bespreek.

2. Dit het Nick in staat gestel om onmiddellik twee en twee bymekaar te sit tydens sy gesprek met Jean-Henri, wie ook ‘n probleem gehad het waarmee ons kon help.

3. Moenie jou bestaande en goeie verhoudinge afskeep terwyl jy rondhardloop en jou besigheidskaartjies saai nie.

4. Skeduleer doelbewus geleenthede om op te vang met bestaande vriende en vennote om uit te vind wat in hulle lewens aangaan.

5. In hierdie geval was die nodige kennis regtig magtig.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Denise Hattingh van KEU Underwriting Managers gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link