Naweek Nadink 54: Wen-wen of niks nie

 

Ek glo sterk dat enige onderhandeling in ‘n duidelike wen-wen situasie moet eindig. Dit vereis dat daar geen plek is vir ego’s nie, maar wel meer as genoeg plek vir opregtheid, eerlikheid en beide partye se belange.

Kom ek begin met sekerlik die beste en mees praktiese voorbeeld van hoe so ‘n wen-wen situasie moet lyk nl. Toyota

Toyota beoefen ‘n strategie waar hulle basies van verskaffers die volgende vereis‑

  1. Dat hulle hul finansiële state beskikbaar sal maak.
  2. Dat hulle hul fasiliteite oop sal maak vir ‘n Toyota verteenwoordiger (meestal ingenieurs) om dit in diepte te bekyk. Bekyk in hierdie geval beteken dat die ingenieur somtyds tot ses maande fisies op die perseel werk.
  3. Dat die Ingenieur se voorstelle geïmplementeer sal word.

Hoekom?

  1. Toyota wil seker maak dat hulle verskaffers ‘n produk van wêreldklas gehalte aan hulle kan lewer.
  2. Toyota wil seker maak dat die verskaffer genoeg geld maak in die proses.
  3. Toyota wil hê dat hulle verskaffers kan groei en gee nie om dat hul verskaffers hierdie wêreldklas produk aan ander kliënte verskaf nie.

As die wêreld se grootste motor vervaardiger, kan Toyota baie maklik ‘n “macho man” houding met verskaffers aanneem.

Ek bevind myself tans in twee verskillende onderhandelinge. Een met ‘n nuwe Britse operasionele vennoot vir my skoonmaak besigheid en die ander ‘n groot en bekende Suid‑Afrikaanse besigheid vir Klipkouers.

Gedurende die onderhandelingsproses het een van hierdie besighede vir my ‘n voorstel gemaak wat glad nie aansluit of bou op my oorspronklike voorstel nie. Inteendeel, hulle teen voorstel lees meer soos ‘n stel reëls wat in sement geskryf is.

As jy mense in ‘n hoek probeer vasdruk tydens onderhandelinge, skep jy ‘n “alles of niks/wit of swart” scenario, waar party mense doodeenvoudig gaan wegstap of hulle stem in met ‘n slegte smaak in die mond.

Jy wil so gou moontlik by “grys” uitkom of te wel ‘n gemeenskaplike en aanvaarbare wegspringplek wat met ‘n “tweak” hier en daar tot ‘n wen-wen situasie kan lei.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Pieter Kruger van Cognacity gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link