Naweek Nadink 55: Help jy regtig? Maak jy ‘n verskil?

 

 

 

 

 

 

‘n Bietjie meer as ‘n jaar terug, het Naweek Nadink 3 se titel gevra: “Is jy ‘n hoender of ‘n boer” wat ook ‘n Afrikaanse gesegde ingesluit het: “Die henne wat die meeste kekkel lê nie die meeste eiers nie.” (dié wat die meeste praat rig nie die meeste uit nie).

Met die geboorte van Klipkouers, het ek geweet ek gaan myself blootstel aan kritiek en dan ook nog kritiek wat somtyds gepaard gaan met ‘n belediging (soos wat bv. die naweek gebeur het).

Ek het ook besef dat my vel sou moes dikker word om enige tipe kritiek nie persoonlik te vat nie, maar wel as ‘n geleentheid te sien om verder as persoon te groei en Klipkouers te verbeter. Ek het ook besef dat kritiek ‘n bevestiging is dat ek vorentoe beweeg en ‘n verskil maak.

Mense sal jou nooit kritiseer as jy stil in die hoek sit en tevrede is met die status quo nie.

My gedagtes:

  1. Die kwaliteit van jou kritiek is baie belangrik en gee jou en die ander persoon ‘n aanduiding van die grootte van jou wêreld.
  1. Kritiek moet positief en opbouend wees. Met ander woorde, dit bied ‘n oplossing of kom met ‘n meegaande voorstel. Andersins, bly eerder stil.
  1. “Ek probeer net help”, is baie keer vrees in camouflage.
  1. “Ek sê altyd my sê/speak my mind”, is baie keer swak selfbeheersing in camouflage. Dis maklik om jou bek te rek. Dis moeilik om die regte goed op die regte tyd sê.
  1. Moet nooit ooit onderskat hoe jou woorde jou kollegas, vriende en familie kan affekteer nie, veral nie as hulle ‘n positiewe verskil probeer maak nie.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se onderhoud met Antoinette Badenhorst gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link