Naweek Nadink 56: Skeduleer jy jou speeltyd?

So ’n paar weke gelede het ek my tennisraket weer afgestof na meer as 20 jaar en speel weer weekliks by ‘n tennisklub. Terselfdertyd het ek my rugbystewels ook afge… nee wag, ek moes nuwes gaan koop het… want na 17 jaar speel ek weer elke week touch rugby.

Ek het opnuut die krag en belangrikheid van tyd maak vir speel besef. Sonder die doelbewuste aanteken van belangrike aktiwiteite in jou dagboek, gebeur die lewe met jou, in stede van andersom. Sonder speel is jy meer gestres en minder kreatief. Kom ek verduidelik.

Dis vir my kommerwekkend hoe maklik ons mense en aktiwiteite, wat die belangrikste in ons lewe is, afskeep omdat ons toelaat dat die “besigheid” van die lewe en werk oorneem.

Die meeste mense mis nie sommer ‘n geskeduleerde afspraak in hul dagboek nie. Wat opgeteken word in jou dagboek gebeur gewoonlik. Dink vinnig aan jou laaste belangrike vergadering; het jy dit gemis of sommer net gekanselleer omdat jy nie lus was nie of kamstag nie tyd gehad het nie?

My gedagtes

  1. Skeduleer jou belangrikste besigheidsaktiwiteite (bv. dink tyd, lees tyd, beplanning ensovoorts) en veral belangrike persoonlike aktiwiteite (bv. stokperdjies, speel met kinders, “date night” met eggenote ensovoorts), in jou dagboek soos ‘n afspraak en respekteer dan die afspraak.
  1. Maak tyd vir speel. Ek praat nie van op die bank lê en televisie kyk nie. Dit verlig stres en maak jou meer kreatief ten einde probleme op te los.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Antoinette Badenhorst van Mississippi gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link