Naweek Nadink 57: Weet jy watter aksie realiseer jou doelwitte?

Verlede week het ek gepraat oor hoe belangrik die skedulering van aktiwiteite is, anders gebeur die lewe met jou, in stede van andersom. Ek aanvaar natuurlik dat jou SMART (specific, measurable, achievable, time-based, realistic) aktiwiteite/doelwitte reeds bepaal is en jy hulle êrens neergeskryf het?

Ongelukkig is daar nog een baie belangrike vereiste voordat jy ‘n realistiese kans het om jou doelwitte te laat realiseer. Sonder hierdie stap, kan jy maar vergeet.

So wat is hierdie stap?

Maak seker dat jy ten minste eenkeer per week (verkieslik eenkeer per dag), ‘n minuut of twee vat om opnuut na jou korttermyn doelwitte te kyk.

Hoekom?

  1. Dit het te make met jou “reticular activating system” (RAS) wat basies die deur is waar die meeste inligting jou brein binnegaan. Dis jou omgewings radar.
  1. Ter wille van oorlewing, reageer jou RAS onmiddellik op jou naam, enige gevaar en inligting wat jy onmiddellik benodig, asook enigiets nuuts of anders. Die res van die inligting word uit gefilter en jy kyk dit doodeenvoudig mis.
  1. Solank jy nie jou RAS met persoonlike probleme besig hou nie, sal dit jou baie help. Dit is juis deur geskeduleerde aktiwiteite en doelwitte te beplan, wat jy die RAS vry maak te help om jou doelwitte te realiseer.

Hoe is dit moontlik?

Wanneer jy elke dag na jou doelwitte kyk, help jou RAS jou om jou doelwitte vars in jou brein te hou. Selfs al dink jy nie doelbewus aan jou doelwitte nie, weet jou brein dat dit baie belangrik is en maak dan, sonder dat jy daarvan bewus is, notas van enigiets met betrekking tot hierdie doelwitte.

So what?

Ons emosies en aksies volg ons gedagtes. Met die regte gedagtes en inligting in jou brein, begin jou hele wese saamspan in dieselfde rigting ten einde jou doelwitte te realiseer. Jou onbewustelike gedagtewêreld kan jou maak of breek. Let wel….jou onbewustelike gedagtewêreld.

 

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se onderhoud met Johan Eksteen van Agricon gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link