Naweek Nadink 58: Die verkeerde woordjie kos hom toe 109 PlayStations

Een van my vriende se werknemers/bestuurders het onlangs aan 109 gelukkige sokkerbal wenners bevestig dat hulle wel elkeen ‘n Sony PlayStation (totale koste R480,000) gewen het. Die bestuurder het per ongeluk die verkeerde woordjie in ‘n epos “template” gebruik.

Die belangrikste vraag wat my vriend homself moes vra (en wat jy jouself altyd moet vra tydens ‘n produk of dienslewering gemors) is: “Hoe gaan ek die fout regstel EN vermy in die toekoms”

Hy’t die volgende gedoen…

Die ironie van die storie is dat my vriend nie nodig het om hierdie addisionele opvolg eposse aan wenners te stuur nie. Die epos is hul manier om die ekstra myl te gaan en is die epos baie spesifiek en lees: “…weereens geluk met die sokkerbal wat jy gewen het”.

Wettiglik, hoef hulle ook nie die 109 Sony Playstations te verskaf nie, omdat daar reeds in vorige kommunikasie bevestig is aan kompetisie deelnemers dat hulle wel sokkerballe gewen het. Dit het hier egter nie gegaan oor die wenners nie, maar wel oor my vriend se kliënt en hoe dié gevoel het oor die hele fiasko.

Die eindresultaat

  1. Hulle het 109 PlayStations gekoop en dit aan die wenners gestuur. Dit het hom R480,000 gekos (okay, hy kon dit darem van sy versekering terugeis).
  2. Die wenners was in ekstase en baie beïndruk met die handelsmerk.
  3. My vriend se kliënt (die handelsmerk) was in ekstase en baie beïndruk.
  4. Om dieselfde fout in die toekoms te vermy, is spesifieke woorde in die eposse bv. “sokkerbal”, vervang met generiese woorde: “…weereens geluk dat jy ‘n wenner is.”

 

My gedagtes

  1. Dis nie OF jou besighede gaan foute maak nie, maar wel WANNEER.
  2. Effektiewe fouthantering lei tot gelukkige en lojale kliënte.
  3. Maak seker jy verbeter of sit prosesse in plek om dieselfde foute te vermy. Om foute te maak en reg te stel is okay, maar dit beteken egter nie dat jy elke week nonsens mag aanjaag nie.

 

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Johan Eksteen van Agricon gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link