Naweek Nadink 59: Die woord Zuma, simboliseer vir my die volgende…

Ek glo die woord “Zuma” is by nou al meer as genoeg gehoor, geskryf en gelees.

Wat die woord wel vir my simboliseer is die noodsaaklikheid vir Suid-Afrikaanse besighede om nou , meer as ooit tevore, seker te maak dat hulle wêreldklas is.

Aanvaar en bied “average” produkte en dienste en ek waarborg jou die werklike ekonomiese uitklophou.

 

Dis maklik om deur jou onmiddellike omgewing meegesleur te word en te dink omdat almal dit doen, is dit okay. Die belaglike gesegde: “If you can’t beat them, join them”, is veral geldig in Suid-Afrika omdat so baie mense en besighede nie binne die reëls speel nie.

Alles, insluitende die landswette, word dan oop vir interpretasie. Dink aan pad reëls, belasting ontduiking ensovoorts. Dis ‘n resep vir tragedie en om jouself baie onaantreklik vir jou grootste moontlike kliënt te maak naamlik die buitelandse ouens, soos ek.

 

Wat probeer ek sê:

  1. Ek glo dat Suid-Afrika wêreldklas diens en waarde lewer en kan lewer in sekere sektore.
  1. Ek spandeer op hierdie stadium R30,000 per maand in Suid-Afrika vanaf R0,00 vyftien maande terug. Ek soek rede om baie meer geld te spandeer en hou my huidige verskaffers fyn dop. Dit sluit nie eens die koste van my tyd in nie, waarvan 80% in beslag geneem word deur Klipkouers in my poging om Afrikaanse besighede te help om beter te wees.
  1. Ek speel proefkonyn om aan mede-entrepreneurs in Brittanje te bewys dat hulle met vrymoedigheid dienste na Suid-Afrika kan uitkontrakteer in plaas van Indië.
  1. Die enigste manier om werk van Indië te vat, is om hulle standaard te ewenaar. Hulle standaard en nie joune nie of wat die res van SA hulle verbeel het aanvaarbaar geword nie.

 

Belowe my dat jy op wêreldklas diens sal aandring EN dit bied aan jou kliënte en ek belowe jou dat ek alles in my vermoë sal doen om seker te maak dat jy meer geleenthede het om direk Euros, Ponde en Dollars te verdien.

 

Lekker week en onthou… Aanhouer wen!

 

NB! Indien jy verlede week se eerste onderhoud met Johan Stemmet gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link