Naweek Nadink 60: Gee jy jou beste vandag?

Ek is die naweek herinner deur ‘n goeie vriend van my hoe belangrik dit is om die proses te volg, veral in sport, en dat jy minder moet fokus op die uitkoms en meer op wat jy nou mòèt doen. Met ander woorde, as ek sê proses, dan bedoel ek wat is die stappe wat jy elke dag moet doen om by jou doelwitte uit te kom.

Die ding is, die proses is nie baie “cool” nie.

Dit lyk somtyds of dit onbenullig is maar die krag lê daarin om daagliks daai bietjie vir bietjie te doen.  Uiteindelik kom dit alles bymekaar, hopelik tot die realisasie van jou doelwitte.

Ek laat jou met hierdie gedagte vir die week, as jy angstig is dan is jy te bekommerd oor wat gister gebeur het (die verlede) en as jy bang is, is jy te bekommerd oor wat môre gaan gebeur (die toekoms).

Al wat saak maak is vandag, dit is waar die vrede is, dit is waar die blyskap is, en solank jy jou beste doen sal jy jou doelwitte realiseer.

Lekker week en onthou… Aanhouer wen!

NB! Indien jy verlede week se tweede onderhoud met Johan Stemmet gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link