Naweek Nadink 61: Hoe geld die wette van boerdery vir die lewe?

Verlede Donderdag bevind ek myself in ‘n “sensory deprivation pod” of te wel ‘n “floating tank”. Jy dryf basies vir ‘n uur in die donker in Epsom sout water. Dink mini Dooie See in ‘n massiewe plastiek mossel!

Dit was gedurende hierdie dryf tyd dat my gespanne spiere begin pyn het. Hoekom begin sekere spiere pyn gedurende ‘n dryfsessie? Want hulle was juis besig om meer en meer te ontspan. Met ander woorde, dit was tydens ‘n periode van niks doen, wat ek die meeste voordeel getrek het. Dit het my opnuut herinner aan die wette/seisoene van boerdery.

Daar is ‘n tyd vir plant, ’n tyd vir wag en ’n tyd vir oes. Maak nie saak wat jy doen gedurende die wag periode nie, jou graan produk gaan nie vinniger groei nie. Jy kan nie die wag proses forseer of manipuleer nie en jy gaan baie meer voordeel trek deur rustig te word.

Wat probeer ek sê:

  1. Maak seker jy kan duidelike onderskeid tref tussen die seisoene van jou besigheid.
  1. Sonder duidelike seisoene hardloop jy soos ‘m mal ding rond, voel oorweldig of jy ly aan daai “altyd baie besig” siekte.
  1. Maak seker jy skeduleer rusperiodes vir nadenke en beplanning. Sukses is nie veronderstel om ‘n geforseerde proses te wees nie. Veral as jy plant, wag en oes nie.
  1. Die moeilikste werk in die wêreld is om stil te raak en konstruktief te dink. Dis hoekom baie min mense dit doen, maar dit versnel egter sukses.

 

 Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Johan Stemmet gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link