Naweek Nadink 63: Wat gaan jy nalaat?

So gaan kuier ek en my gesin toe verlede week bietjie vir ons voorvaders in Holland om die pragtige Tulpe ter fiets te beloer. ‘n Ander hoogtepunt was ‘n vinnige besoek aan die stad Haarlem (nie die een in New York nie!), die Afrikaanse egpaar van Pretoria wat ons in vasgeloop het en die Corrie ten Boom Museum.

Corrie was die eerste vroue horlosiemaker in Holland en sy en haar familie het Jode weggesteek en gehelp ontsnap van die Nazi-Holocaust gedurende die Tweede wêreld oorlog.

 

Ek is weereens opnuut herinner aan die belangrikheid van ons nalatenskap (legacy), met ander woorde, wat doen jy vandag wat van werklike waarde is en kan aanhou voortleef nadat jy nie meer hier is nie?

Wat my baie beïndruk het van die Ten Boom’s was natuurlik hulle ongelooflike waagmoed, dapperheid en opoffering gedurende die Tweede wêreldoorlog, maar ook hoe hulle ‘n besigheid nagelaat het wat nog steeds kwaliteit produkte vervaardig en verskaf. ‘n Produk en diens wat aanhou werk skep en ‘n inkomste genereer.

My gedagtes:

  1. Wat is die groter prentjie van jou lewe? Jou lewensdoelwitte?
  1. Hoe wil jy onthou word?
  1. Hoe gaan jy onthou word indien die ergste vandag gebeur?
  1. Wat doen jy vandag wat jou een tree nader aan daai lewensdoelwitte gaan vat?

 

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

 

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Ina Paarman gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link