Naweek Nadink 64: ‘n Bietjie ongerief is goed vir perspektief

Gister ry ek toe baie ver noord in Engels-land na Newcastle (die oorspronklike een), ten einde twee moontlike skoonmaak kontrakte te bespreek. Dit is die eerste keer dat ons pro-aktief nuwe besigheid najaag buitekant Londen.

Hierdie verandering in omgewing het my gemaksone bietjie versteur, siende dat Londen my agterplaas is.

So wat was positief van ‘n gemaksone versteuring?

Wel, in my geval, het ek bietjie meer kwesbaar gevoel (eintlik maar net bietjie sorry vir myself gevoel) maar in die proses het ek opnuut weer alles im my lewe waardeer wat WERKLIK saak maak,naamlik, my vrou Chrisna, my gunsteling man in die wêreld, Christian, en my pragtige dingetjie, Alivia.

Wat probeer ek sê?

Maak seker jy skud jou gemaksone hok gereeld. Die ongerief gaan nie net persoonlike groei tot gevolg hê nie, jy gaan ook bietjie perspektief kry.

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

NB! Indien jy verlede week se eerste onderhoud met Elmar Conradie gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link