Naweek Nadink 76: Laat jy enigiemand in jou (kuber-) huis toe?

Ek’s besig om ’n paar ondernemings in Suid-Afrika met nuwe sakegeleenthede te help deur hulle aan my internasionale netwerk voor te stel of om te kyk of ek iemand ken wat dié mense ken waarmee hulle graag wil gesels.

Ek kry gereeld nuwe vriendskapsversoeke op Facebook of iemand wat met my wil op LinkedIn skakel. Hulle is egter vreemdelinge en ek wil dan nie jou vriend wees of met jou skakel nie.

Daar is vir my twee probleme om ’n vreemdeling in jou kuberhuis toe te laat:

  1. Vanuit ’n persoonlike oogpunt: Dit is vir my skokkend hoe baie mense, veral dié met hulle 4 000 Facebook-vriende (jy weet wie hulle is), net blootweg enige Jan Rap en sy maat as vriend sal aanvaar. Dit is ’n ernstige sekuriteitsrisiko en jou profiel sál een of ander tyd gekaap word.
  2. Vanuit ’n sake-oogpunt: Hier is nou ’n geleentheid om jou naam met ‘n plank te slaan as jy sommer met enigiemand skakel. As jy daardie persoon is wat met mense wil skakel met wie jy nog nooit ’n geskrewe of gesproke woord gehad het nie, hou asseblief onmiddellik op. Die krag van LinkedIn lê juis daarin dat ons mekaar KEN en ek dalk iemand KEN wat die mense KEN met wie jy graag wil gesels.

Hoe gaan jy moontlik jou naam met ‘n plank slaan?

Ek gaan sien dat jy 50 000 Linkedin-verbintenisse het, onder andere Bob. Ek vra jou dan om Bob aan my voor te stel, want ek het vir hom verblyf op Robbeneiland. As jy nog nooit enige kommunikasie met Bob gehad het nie, gaan dit vir jou baie moeilik of selfs onmoontlik wees om hom te vra of hy met my sal gesels …Moenie vreemdelinge in jou kuberhuis toe laat nie!

  • Die jongste uitgawe van my digitydskrif KLIPKOUERS het korporatiewe besigheidsikoon en Afrikaner-gentleman, Brand Pretorius, op die voorblad. Klik hier vir meer inligting.

 

 

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link