Naweek Nadink 86: Die Kontras van Diefwering

 

In Londen het ek geleer waar die stelling “Daylight Robbery” vandaan kom. In die laat 1700 is jy in Londen meer belas op huise wat vensters het. Daardie lig in jou huis wat deur die venster val het jou gekos. Die mense het uit woede daardie wet die naam “Daylight Robbery” gegee. Die meeste Suid-Afrikaanse huishoudings het vensters met diefwering. Watter kontras bring daárdie lig wat deur jou venster val?

Die diefwering voor jou sitkamer venster, laat nie noodwendig geen lig in nie. Dit bring net kontras om die lewe volledig te kan sien. Diefwering se rol is om jou twee keer te laat dink. ‘n Waarskuwing om versigtig te wees.

Diefwering in die kuberruimte is noodsaaklik. Wie het toegang tot jou stelsels? Wie stuur wat uit op jou maatskappy se forums? Die diefwering wat my na aan die hart lê, is jou rol as ouer teenoor jou kind se kuberruimte gewoontes. Gebruik hul dit vrylik sonder jou mede-wete? Wil ons hul blootstel aan daardie wêreld sonder diefwering van beskerming? Watter kontras laat dit?

Jy het ‘n keuse; wees die diefwering in jou gesin en in jou maatskappy se “kuberhuise”.

In laas week se onderhoud lig Rianette Leibowitz ons meer in oor die rol van SaveTNet in die kuberruimte.

ONTHOU!
– Luister na my nuuste onderhoud met Rianette Leibowitz Klik Hier

– Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

 

 

 

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link