Naweek Nadink 87: Is Naïef en Dikkoppig Dalk Dieselfde Ding?

 

Goeie besluite is krities in die bestuur van ‘n besigheid.

Die verskil in ‘n goeie en slegte besluit lê in die hoeveelheid of die kwaliteit van die inligting tot jou beskikking. Ingeligte besluite krities is.

Om ‘n besluit te neem wat geskoei is op ‘n gevoel, voordat jy genoeg inligting tot jou beskikking het, kan jou dalk met tye duur te staan kom.

Ek dink aan die onderhoud wat ons gevoer het met Adrie Smit oor arbeidswetgewing in Suid-Africa. Alhoewel ons net aan die punt van die ysberg geraak het, weet ek daar is soveel meer wat ons as werkgewers van bewus moet wees.

Ongelukkig bestaan die woorde “ek het nie geweet nie” in prokureurs of regters se boeke of woordeskatte nie.

Wees ingelig. Naïewe besluite het ‘n vals klank.

 

ONTHOU!
– Luister na my onderhoud met Adrie Smit Klik Hier
– Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link