Naweek Nadink 91: Die Swaartegragwet is nie onderhandelbaar nie

Tydlose wyshede, of soos hulle in Ingils se, “ancient wisdoms” is nie onderhandelbaar nie. Hulle is beginsels wat ‘n gewaarborgde resultaat lewer as jy sekere stappe neem, ongeag of jou aksies doelbewus of per ongeluk was. Bv swaartekrag; jy sal jou des moers val as jy van ‘n hoë gebou afstap, maak nie saak wat jy gedink, geglo of nie geweet het nie…

Verlede week besoek ek toe Secunda vir die eerste keer ooit om as gasspreker by ‘n besigheids dinee te gesels oor “content marketing” en die toekoms (bleek) van advertensie. Die volgende dag gesels ek en drie ander entrepreneurs toe met die Graad Tien en Elwe van die hoërskool. Op ‘n stadium vra ek toe wie entrepreneurs wil word en ommenby tien kinders uit 130 steek hulle hande op, waarvan die meeste wit kinders was.

So wat is my punt: Dit was egter wat na my praatjie gebeur het wat my onkant gevang het. Nie een van die wit studente het met my of die ander entrepreneurs kom praat nie, maar wel ‘n hele paar swart studente wat nie wou ophou om goeie vrae te vra nie. Hulle was honger vir inligting, maar meer belangrik was die meeste van hulle vrae oor besigheid wyshede en beginsels en hoe ons dit toepas of wat ons daarvan dink. Die onderwysers moes hulle letterlik wegskeur sodat ons kon ry.

As daar een ding is wat ek vir ‘n feit weet, is dat besigheid soos golf is; sodra jy dink jy’t gearriveer dan is dit juis wanneer jy die bal haak. Mens kan nooit genoeg goeie advies van mede-entrepreneurs en mentors kry nie, veral nie skoolkinders wat in besigheid belangstel nie.

 

ONTHOU!

-Luister na my nuutste onderhoud met Hans Drom, wat sy musiekskool in 2013 in Pretoria begin het: Klik Hier

-Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link