Naweek Nadink 95: Jy ry waar jy kyk

Ek was bevoorreg om deel te wees van Leon’s Motors Rustenburg se Jaguar Experience dag, waar ons vuurwarm Jaguars om die Zwartkops Renbaan kon jaag. Hier is ‘n een minuut video van die dag: Kyk Video

Een van die instrukteurs het my herinner daaraan dat mense, tydens ‘n ongeluk, in bome of pale vasry omdat hulle vir die obstruksie kyk. Maw jy ry letterlik waar jy kyk. Jy tref dit waarop jy fokus.

Waarop gaan jy fokus in 2019? Weet net dat jy wel iets gaan behaal, positief of negatief.

Maar, wees gerus, jy kan ‘n groot verskil in jou lewe maak deur op die goeie en positiewe te fokus.

Waarvoor is jy dankbaar in 2018?

Lekker week verder en onthou: Aanhouer Wen!

 

ONTHOU!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link