Naweek Nadink 96: Hoe meer haas, hoe minder spoed

Sekerlik een van my grootste ontnugteringe, tien maande terug in Suid-Afrika, is hoegejaagd en terselfdertyd inwaarts gefokus baie mense  is. As mens nie daadwerklik stappe neem om jouaktiwiteite te prioritiseer nie, dan word alles belangrik.

As alles belangrik raak, dan beweeg die lewe al hoe vinniger. Jy skeep juis dandie dinge af wat wel belangrik is bv. goeie (oud en nuut) vriende, familie enjou gesondheid. 

Wie is daai persoon wat jy met vrymoedigheid 03h00 die oggend kan bel as die pawpawdie waaier tref?

Vat dit bietjie rustiger, dink en prioritiseer jou aktiwiteite. Help nie jyhardloop vinniger in die verkeerde rigting nie. Gaan stadiger ten einde teversnel.

Geseënde Kersfees en 2019 vir jou en jou geliefdes! Gesels weer met jou in die Nuwe Jaar.

ONTHOU!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link