Naweek Nadink 97: Moordenaars het ‘n baie hoë selfwaarde

Ek hoop jy’t lekker gerus en wens jou alle sukses toe vir 2019. Dit gaan ‘n groot en interessante jaar wees!

Het jy geweet dat moordenaars van die hoogste selfwaarde het? Om iemand te kan vermoor, moet jy jouself baie belangriker en hoër ag as die slagoffer. Te veel selfwaarde het ‘n opgeblaasde ego tot gevolg. Maw jy dink te veel van jouself.  

Party mense dink egter dat selfwaarde en selfrespek dieselfde beteken en dit is egter nie die geval nie.

Selfrespek beteken dat jy jouself aan ‘n hoë standaard meet. Jy het self trots, selfvertoue en tree met integriteit op; ‘n persoon met ‘n sterk karakter wat verantwoordelikheid neem vir jou besluite en wat sal veg vir dit waarin jy glo.

Selfrespek beteken ook dat jy lief is vir jouself en waarde heg aan jou talente en bydrae tot die gemeenskap. Jy vergelyk jouself nie met ander nie.

Navorsing wys dat selfrespek lei tot minder skuldgevoelens, spyt, leuens, geheime en stres.

Wil jy in 2019 jou selfrespek verbeter?

 

ONTHOU!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link